Blou Maandag

’n Wetenskaplike van Cardiff-Universiteit het ‘n formule gevind om te bereken wanneer ‘n blou Maandag mens gaan tref.

Hy sê dit is die weer minus jou skuld, vermenigvuldig met die dae wat verby is sedert Kersfees, wat dan gedeel moet word die som van jou lae motiveringsvlakke en jou behoefte om aksie te neem. Daarvolgens was 25 Januarie vanjaar die amptelike, wetenskaplik bewese Blou Maandag. Die dag waarop mense regtig lelik depressief geraak het.

TafelbergUitgewers het ‘n klompie interessante persoonlikhede gevra om lekker onderhoudend te vertel van hul ondervindings.

Kom verkneukel jou in die ergste Blou Maandag wat al beleef is deur mense soos Elma Postma, Peter Veldsman, Amanda Strydom, Johan Symington, Lien Botha, Dana Snyman, Brumilda van Rensburg, Nataniel en Toast Coetzer.

Die boek word op 1 November 2011 vrygestel.

Blou Maandag / deur Kerneels BreytenbachTafelberg, 2011. — 176 p. ; sagteband. — ISBN 9780624053897 : R 160.00

Blou Maandag
Blou Maandag

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply