Kreefsmous Hendrik dog hy yl toe hy ’n beseerde jong vrou op ’n verlate strand aan die Weskus kry, want waar haar bene moet wees, groei ’n visstert, sterk en stewig soos ’n tuna s’n.
Miskien is die wese een van die watermense waaroor sy vrou Rebekkah gepraat het voordat sy vir ewig die see in verdwyn het. Of dalk is sy dit wat die ou Xhosamense ’n “mamlambo” noem.
Hendrik se lewe verander handomkeer wanneer hy die watervrou huis toe neem. Is dit sy seer hart wat sy oe so bedrieg, wonder hy, of lê hier ’n leidraad wat kan sê wat van sy vrou geword het? Gou besef Hendrik daar loop ’n haarlyn tussen dit wat hy kan sien en dit wat hy moet glo.
Also available in English as The Woman of the Stone Sea .
Die vrou van die klippesee / deur Meg van der Merwe — Penguin Random House, Maart 2019; sagteband. — ISBN 9781415209417 : R 265.00
