In dié boek antwoord bekende Suid-Afrikaners, twaalf gelowiges en twaalf ongelowiges, die diepste vrae van die mens se bestaan met verstommende openhartigheid.
Afrikaanse meningsvormers lê hul diepste oortuigings bloot: die skrywer Antjie Krog, die teoloog Christina Landman, die digter Breyten Breytenbach, kommentator Rhoda Kadalie, skrywer Cecile Cilliers en tv-persoonlikheid Dave Pepler. By van die ongelowiges is daar tog partykeer vonke van geloof, en by van die gelowiges skaduwees van twyfel.
Die twee samestellers maak ook ’n ongewone paar: die wetenskapsjoernalis George Claassen, ’n uitgesproke ongelowige, en die oudpredikant Frits Gaum, ’n oortuigde Christen. Hul indringende vrae word reguit en roerend eerlik deur die bydraers beantwoord. Die uiteenlopende bydraes bring vars perspektiewe tot die godsdiensdebat en beloof om groot reaksie in die Afrikaanse media te ontlok.
God? Gesprekke oor die oorsprong en uiteinde van alles / deur George Claassen & Frits Gaum — Tafelberg, 7 Maart 2012. — 352 p. ; sagteband. — ISBN 9780624054146 :
Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: God? Gesprekke oor die oorsprong en uiteinde van alles, Antjie Krog, Christina Landman, Breyten Breytenbach, Rhoda Kadalie, Cecile Cilliers, Dave Pepler, George Claassen, Frits Gaum
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

