Karin en Kerneels gaan die gordyn effens lig oor die ratwerke van ’n goeie roman, en mekaar tromp-op loop oor skryf, storielyne, en eiesinnige karakters.
Karin Brynard het met haar misdaadromans Plaasmoord en Onse Vaders die land se lesers behoorlik laat regop sit en hulle van kosbare slaaptyd ontneem deur die meesleurende stories waarin kaptein Albertus Markus Beeslaar op sy effens aweregse manier speurwerk aanpak. Later vanjaar verskyn die lank verwagte Tuisland uit die pen van dié voormalige joernalis … maar sal sy iets daarvan verklap?
Karin sal haar kaarte goed moet speel, want sy het ’n gedugte gespreksgenoot in Kerneels Breytenbach. Ook eens ’n joernalis, daarna boekuitgewer en nou voltyds skrywer, is dit juis verbode passie en politieke intrige wat in Kerneels se nuutste boek Ester die botoon voer. Die verhaal speel af in die 1940’s en is gebaseer op ’n werklike geskiedkundige insident; een waarin spioenasie en ’n beeldskone vrou in een asem genoem word. Tydens ’n lang treinrit tussen Windhoek en Kaapstad dans die poppe behoorlik …
Onderhoudvoerder: Annemarie van der Walt
Genre: Gesprek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjies: Gratis (bespreek by 013 741 2551, slegs 100 plekke beskikbaar)
Plek: Stoep-restaurant, Sonpark, Nelspruit
Datum: Vr 3 Jul om 10:00
Boekgesprek met Karin Brynard en Kerneels Breytenbach,
Roekeloos,
11 Mei 2015.