Jy kyk elke dag in die spieël, maar weet jy ooit wat jou gesig vir jou wil sê?
Marthie Maré is die enigste gesigsontleder, oftewel fisionoom in Suid-Afrika en skrywer van die boek Die legkaart van jou gesig. Volgens haar vertel elke gesig ’n unieke storie en is dit moontlik om ’n persoonlikheidsprofiel van iemand saam te stel deur slegs die gelaatstrekke te bestudeer.
Fisionomie word reeds die afgelope paar jaar deur verskeie sakeondernemings gebruik as ’n riglyn om werknemers se volle potensiaal te ontsluit, maar enigeen kan dit daagliks aanwend as jy jou familie, vriende en kollegas beter wil verstaan. Of sommer net jouself, want deur bewus te word van sekere uitdagings – wat jou gelaatstrekke verklap – kan jy stappe neem om dit te oorkom. En as jy al ooit Botox oorweeg het, dink weer: Dit kan dalk net jou persoonlikheid verander!
Onderhoudvoerder: Annemarie van der Walt
Genre: Gesprek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjies: Gratis (bespreek by 013 741 2551, slegs 100 plekke beskikbaar)
Plek: Stoep-restaurant, Sonpark, Nelspruit
Datum: Wo 1 Jul om 10:00
Legkaart van jou gesig: Fisionomie in ‘n Neutedop,
Roekeloos,
11 Mei 2015.