Roekeloos
23 Mei
Nico Moolman is bekend vir sy pragtige koffietafel-publikasies. Hy stel sy nuwe boek Zij bekend by innibos waarin hy hulde bring aan die Afrikanervrou.
Hy vertel hartroerende verhale van gister se onthou. Hierdie pragtige boeke is in die vorm van ’n plakboek, met baie geskiedkundige foto’s van mense, ou koerantvoorblaaie, uittreksels uit handgeskrewe briewe en ou dokumente. Die boeke word pragtig verpak in ’n stewige karton-dratassie.
Marius Bakkes, wat self baie lief vir die geskiedenis is, is die gespreksleier.
Hiermee saam, gaan Nico se vrou, Naomi haar unieke laslappiewerk uitstal. Moenie hierdie besondere geleentheid misloop nie.
Met: Nico Moolman, Marius Bakkes (gespreksleier) en Naomi Moolman
Genre: Boeke
Datum en tyd: Vr 4 Julie 10:00
Venue: Stoep Restaurant (langs Inniboskantoor), Nelspruit
Tydsduur: 55 minute
Prys: Gratis (Bespreek by 013 – 741 2551, slegs 100 plekke beskikbaar.)
