Kaalkop 3

Die derde bundel uit die beroemde verhoogkunstenaar Nataniël se gewilde rubriek in SARIE – na meer as 10 jaar, steeds een van die gewildste rubrieke in ’n Suid-Afrikaanse tydskrif. (Baie lesers erken dat dit die eerste bladsy is waarnatoe hulle blaai in SARIE!)

In hierdie rubrieke deel Nataniël sy insigte met humor en eerlikheid en styl, en ’n aangrypende waardering vir die eenvoudige dinge wat ons lewens verryk en verruim. ’n Ikon wie se Kaalkop-wysheid en pittige sosiale kommentaar daagliks inspirasie en plesier kan bied.

Kaalkop 3 sluit in:

54 Kaalkop-rubrieke
19 SARIE-kosstories
5 voorheen ongepubliseerde verhoogstories
Swanemeer: die ware verhaal

Voorwaar ’n elegante boek propvol skatte: die ideale Kersgeskenk!

 

Kaalkop 3
Kaalkop 3

Kaalkop 3 / deur NataniëlHuman & Rousseau, 10 September 2012. — 196 p. ; hardeband. — ISBN 9780798156868 :
R290.00
Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Nataniël, Kaalkop 3

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply