Kreatiewe skryfsessies

Of jy nou droom van daai groot roman of reeds jou hand aan ’n verhaal of gedig gewaag het, jy sál baat vind by ’n skryfsessie deur die kreatiewe skryfonderrig-spesialis dr Estelle Kruger.

Soek jy inspirasie vir jou daaglikse omgaan met woorde of om kreatiwiteit in die klaskamer aan te moedig? Kom ervaar hoe klei, sand, foto’s, klank en reuke ingespan kan word om jou verbeelding te stimuleer.

Dr Kruger het reeds honderde aspirantskrywers, oud én jonk, se skryfwerk help slyp – bespreek gou-gou, want verlede jaar se kaartjies het vinnig uitverkoop!

Cultivaria 2011

Datum: Donderdag 27 / Vrydag 28 Oktober
Tyd: 08:30 – 12:30
Venue: Historium Konferensiesentrum, Afrikaanse Taalmuseum, Pastorielaan 11, Paarl
Kaartjieprys: R200.00 (ligte verversings ingesluit)
Slegs 20 persone per sessie (dus 20 Donderdag en 20 Vrydag)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar