Letterdief wen prys vir jeugletterkunde

Die wenner van die 2008 Percy FitzPatrick Prys vir Jeugliteratuur is niemand anders as die omstrede Darrel Bristow-Bovey nie.

Bristow-Bovey is in 2003 as letterdief ontbloot toe dit duidelik geraak het dat hy dele van Bill Bryson se boek Notes From A Big Country as sy eie voorgehou het in sy boek The Naked Bachelor. Hy het homself die toorn van verskeie mense op die hals gehaal toe hy die joernalistiekstudent wat hom ontbloot het gedreig het.

Darrel Bristow-Bovey was ook voor dit in die nuus toe hy soortgelyke artikels gebruik het vir sy rubrieke in die Style en Cape Times.

Die skrywer is vir lank voorgehou as Suid-Afrika se nommer een plagiaris.

Darrel Bristow-Bovey het die Percy FitzPatrick Prys vir Jeugliteratuur gewen vir sy boek SuperZero. Die prys word uitgeloof vir boeke gerig op kinders tussen die ouderdom van 10 en 14 jaar, ‘n besondere vatbare tydperk in ‘n kind se lewe.

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

  1. Waarom was daar nie ten tye van die vorige oortredings betekenisvolle sanksies teen die skrywer nie? Sulke oortredings behoort outomaties diskwalifikasies te wees in die oorweging van pryse, en noudat die skrywer se gebrek aan integriteit weer onder ons aandag gebring is, behoort die prys beslis teruggetrek te word.

  2. Terugtrek? Kan nie sien dat dit gaan gebeur nie, veral nie in die lig dat NB so trots vir Bristow-Bovey voorhou nie.

Lewer kommentaar

Leave a Reply