Marike se laaste dans

Die verteller, Maud, sien van kleinsaf dinge wat nie daar is nie.

Bedags word sy bloots gery deur “lukrake visioene en snags deur ingewikkelde drome”. Wat sy gedeeltelik in hierdie roman verhaal, is niks meer as een van hierdie drome nie, maar sy vertel ook van werklike dinge in haar lewe: moederskap, liefdesverhoudings, periodieke werkloosheid.

Die roman begin waar voormalige presidentsvrou Marike de Klerk aan Maud verskyn by ’n robot, “roerloos soos ‘n stilfoto”. Sewe jaar nadat Marike vermoor is, is sy steeds in die Wagkamer. Voor sy verder kan reis, is daar iets wat sy moet aanspreek, ‘n vorm van afrekening …

Vervleg met die vertelling van Maud en Marike se sporadiese ontmoetings, ontvou die verhaal van Maud se “regte” lewe.

’n Baie leesbare, magies-realistiese roman deur Deborah Steinmair.

Die boek word op 19 April 2010 vrygestel.

Marike se laaste dans
Marike se laaste dans

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

29 Januarie 2010

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

  1. Gisteraand, voor ek aan die slaap raak, dink ek, sonder enige rede aan Marike. Aan die manier waarop sy aan haar einde gekom het. Raak aan die slaap, gelukkig geen nagmerries….. Vanoggend net na agt op TV2 is FW op tv. Dink weer aan Marike… Toe kom Roekeloos, sommer roekeloos, om my weer te herinner…..

Lewer kommentaar

Leave a Reply