Die WAT se jaarlikse Nuutskeppingskompetisie vind vanjaar weer tydens die Toyota US Woordfees in samewerking met Monitor op RSG plaas.

U kan nou reeds u inskrywings stuur aan wat@sun.ac.za, met “Nuutskepping” in die onderwerpveld. Inskrywings vir vanjaar se kompetisie sluit op Dinsdag 10 Oktober om 12h00.

Vanaf Maandag 9 Oktober sal daar elke dag in Monitor aangekondig word vir watter drie inskrywings daar gestem kan word, ten einde die drie dagwenners en algehele wenner te bepaal. Die algehele wenner word op Vrydag 13 Oktober aangekondig. Die ATKV is weer die borg van ’n R500-kontantprys vir elk van die dagwenners en vier nagte in ’n ATKV-oord vir die algehele wenner.

Die nuutskeppings moet verkieslik woorde wees wat ’n nuwe verskynsel op ’n treffende manier beskryf of wat ’n alternatief vir ontoereikende bestaande woorde bied. Dit moet dus ’n voorstel vir ’n woord wees waaraan daar ’n behoefte in Afrikaans is. Die nuutskeppings hoef nie te rym of te allitereer nie.

Stuur jou nuutskeppings NOU na wat@sun.ac.za!

Lewer kommentaar

Leave a Reply