Skryf Afrikaans van A tot Z: die essensiële gids vir taalgebruikers

Sedert die verskyning van die titel in 2003 was daar veranderinge op die wêreldtoneel, in die Suid-Afrikaanse mediabedryf, aan die taalfront en in die praktyk van wetenskaplike teksversorging wat die hersiening van dié toonaangewende stylgids genoodsaak het.

Een daarvan was die verskyning van die tiende, omvattend herbewerkte uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls in 2009.

In die hersiene uitgawe van SAAZ word spesiaal aandag geskenk aan die korrekte, wetenskaplike gebruik van elektroniese (naslaan)bronne.

As gevolg van die verskyning van Afrikaanse poniekoerante op die plaaslike mediatoneel word daar ook kortliks gekyk na die universele verskille in die onderskeie taalbenaderings van hoofstroom- en poniekoerante.

Die bestaande twee dele van SAAZ is dus hersien en bygewerk, en ’n derde, kort deel bygevoeg oor die praktyk van professionele, wetenskaplike teksversorging.

SAAZ bevat ook ’n lys voorbeelde en verduidelikings van 100 van die algemeenste soorte foute wat in Afrikaanse skryf- en redigeerwerk gemaak word, asook ’n lys Kaapse vernakulêre Afrikaanse woorde en uitdrukkings (Kaapsevlakteafrikaans).

Skryf Afrikaans van A tot Z: die essensiële gids vir taalgebruikers
Skryf Afrikaans van A tot Z: die essensiële gids vir taalgebruikers
Koop / Buy Skryf Afrikaans van A tot Z: die essensiële gids vir taalgebruikers >>

Skryf Afrikaans van A tot Z: die essensiële gids vir taalgebruikers / deur Dalene Müller & Faan Pistor — Pharos, 2011. — 735 p. ; sagteband. — ISBN 9781868901128 : R 350.00

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar