Sprakeloos vertel hoe Tom Lanoye se ma weens beroerte haar spraak en later haar lewe verloor het.
Somber? Nee, want Lanoye se sprankel maak dit nie alleen ’n afskeid van sy jeug, van sy pa se slaghuis en die
lewendige Vlaamse stadsbuurt waar hy grootgeword het nie, maar ook ’n humoristiese afrekening met ’n
temperamentele amateur-aktrise wat teater en werklikheid nie kon skei nie.
Daniël Hugo stel vrae aan Tom oor dié meesleurende en oorrompelende boek.
Met Tom Lanoye en Daniël Hugo
Volwasse, geen onder 12 (T)
Stellenbosch
7 Maart 10:00 | Boektent | 50min | R40