Roekeloos
Afrikaanse rap en hip hop is almal se liefling, met die zef kinders Jack Parow en Die Antwoord wat voor in die koor sing.
Lank vergete is Brasse van die Kaap.
Pretoria se bydrae is Bittereinder. Die genre kry ’n ander gesig met ’n ligter aanslag, maar die meer ernstige sosiale bewustheid van ’n Ware verhaal.
Die vermenging van harmonie en melodie is meer ernstig, maar jy word genadiglik die lang vervelige loops gespaar wat so kenmerkend is van elke hip-hop en rap wannabe. Die lirieke wissel van snaaks tot vreeslose sosiale kommentaar tot stories wat bedoel is om jou te laat dink.
Die vervaardiger van ’n Ware verhaal is Peach van Pletzen, ook die vervaardiger van Van Coke Kartel se laaste album. Daar is verskeie bekende name wat op die CD gehoor word. Jack Parow, Tumi Molekane, Inge Beckmann, Sev Statik en Tim Beumers sit hand by. “Slechte Menschen” saam met Beumers is oorspronklike Afrikaanse-Nederlandse rap.
Speellys:
1. Jakkals, Leeu En Perske
2. Ware Verhaal
3. Almanak
4. Solidariteit
5. Die Waarskuwing
6. A Tale Of Three Cities
7. Wakker Word
8. Voleinder
9. Die Slang En Die Arend
10. Penworstel
11. Slechte Mensen
12. Die Ooreenkoms
Koop / Buy ’n Ware verhaal … MP3’s (net een of almal)
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)