Wolf, wolf


Op die skerm van die kring-TV sien hy dit: twee skerp gepunte hondeore by die voorhek.

’n Wolfhond? Hy hou die knoppie in en tuur na die blougrys nagtoneel – en die buitengewoon groot hondekop wat hom stip aanstaar. Daar is iets aan die stil blik van die donker oë wat nie heeltemal reg lyk nie, en die oomblik dat die hees stem oor die luidspreker kom, weet Mattheüs wat dit is.

“Matt,” sê die hondebek, “dis ek. Maak oop asseblief.”

Mattheüs Duiker, seun van Benjamin Duiker, eertydse eienaar van Duiker’s Motors, maak die hek van die Kaapse herehuis oop vir sy minnaar Jack. Vermom soos ’n wolf dring Jack die intieme donkerte binne waar Matt wag dat sy pa doodgaan sodat sý lewe kan begin. Blinkoog oor die vooruitsigte sluip die twee jonges verby die studeerkamer waar die blinde ou man, deurdrenk van droewe verknogthede en donker vermoedens, sit en wag vir die voetval van die dood.

Eben Venter se roman is ’n diepsnydende ondersoek na die verhouding tussen pa en seun, na die ontreddering van ’n man wat bitter min uit die verlede kan neem om hom toe te rus vir ’n lewe in ’n snel veranderende bestel. Intens. Ontstellend. ’n Meesterlike ontrafeling van die dun lyn van gevoel – Venter aan die toppunt van sy vermoëns.

Wolf, wolf
Wolf, wolf
Ook beskikbaar in Engels, Wolf, Wolf (vertaal deur Michiel Heyns).

♦♦♦

Wolf, wolf / deur Eben VenterTafelberg, 15 Maart 2013 – 372p.;. — sagteband. — ISBN 9780624054993 :

R225.00

Koop / Buy Wolf, wolf >> (sagteband)

Koop / Buy Wolf, wolf >> (ePub formaat / DRM)

Koop / Buy Wolf, wolf >> (softcover – English edition)

Koop / Buy Wolf, wolf >> (ePub format / DRM – English edition)

Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Wolf, Eben Venter, Michiel Heyns

gobii 7" Colour LCD eReader Black + R160 eBook Voucher
gobii 7″ Colour LCD eReader Black + R160 eBook Voucher
Koop / Buy gobii 7″ Colour LCD eReader Black + R160 eBook Voucher >>

Lewer kommentaar

Leave a Reply