Op ’n lenteaand in ’n klein dorpie vroeg in die eerste helfte van die vorige eeu, berei twee verbitterde oujongnooi-susters en hul goedige boetie ’n onvergeetlike verjaardagpartytjie voor. Ou koeie tuimel baldadig uit die sloot.
Op dees aarde is ’n huldeblyk aan die dramaturg Reza de Wet.
Aangewys as die beste produksie by Aardklop.
Met: Wilna Snyman, Joanie Combrink, Alida Theron, Ludwig Binge en Karli Heine
Teks: Reza de Wet
Regie: Marthinus Basson
Vervaardiger: TEATERteater
Drama
80 minute | R100 | SANW-ouditorium, Oudtshoorn | 30 Maart tot 2 April 14:00