Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) het ’n betaweergawe van T met 8 396 nuwe lemmas nou aanlyn beskikbaar op www.woordeboek.co.za. Die formele bekendstelling van die finale weergawe sal in Oktober plaasvind, waartydens die Aanlyn WAT boonop in ’n nuwe baadjie bekend gestel sal word.
Die vrystelling van ’n betaweergawe is daarop gemik om nou reeds terugvoer te ontvang sodat dit verwerk kan word in die finale produk. Het jy ’n tikfout raakgesien of dink jy daar kort ’n woord? Stuur jou terugvoer aan die WAT se tegniese span by diewoordeboek@gmail.com.