1808
Die eerste opgetekende krieketwedstryd in Suid-Afrika vind plaas. Dit is twee weermagspanne wat teen mekaar speel in Kaapstad.
1896
Wilhelm Röntgen demonstreer sy x-straal uitvindsel vir die eerste keer.
1976
Die SAUK begin met gereelde televisie-uitsendings. Proefuitsendings het reeds op 5 Mei 1975 begin.
Daar word aanvanklik vyf uur per dag uitgesaai met ’n bykomende drie-uur se sportuitsendings op Saterdae. Die helfte van die uitsendings was in Afrikaans. Die ander helfte in Engels.