Confessions of a dangerous mind

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Met: Sam Rockwell, George Clooney, Julia Roberts, Drew Barrymore, Brad Pitt, Matt Damon
Regisseur: George Clooney

Sommige dinge in die lewe maak net nie sin nie. Wil jy nou meer dat George Clooney nie te sleg vaar as regisseur nie. Ek wou dit nie weet nie, maar Confessions of a dangerous mind het my tot ander insigte gedwing.

Die film is ´n biopsie van ´n tv-persoonlikheid, maar hierby wil ek ook voeg die Amerikaanse psige. Dit handel oor Chuck Barris, die man wat verantwoordelik was vir van die bekendste game shows in die geskiedenis van televisie. The Dating Game en The Newlywed Game is maar twee. Barris het ook aanspraak gemaak dat hy ´n sluipmoordenaar was vir die CIA.

Die storielyn is gegrond op Barris se outobiografie en soos te wagte is dit nie juis geloofwaardig nie. Nie dat ek dink dit ooit Clooney se idee was om dit vir waarheid aan ons te verkoop nie. Clooney doen sy eie weergawe en fokus op die patos en humor in die man se lewensverhaal.

Clooney hang duidelik die absurde en ongewone aan.

Nog ´n goeie skuif van George Clooney was om Sam Rockwell in die hoofrol te dra. Rockwell is nederig genoeg met ´n glinster in die oog om te oortuig in die rol van Barris.

Confessions of a dangerous mind is dalk net ´n slenter van ´n briljante man om girls op te tel, maar spandeer gerus jou geld op Clooney se goeie weerga van die lewe van Chuck Barris.

7/10

Lewer kommentaar

Leave a Reply