The Rocky Horror Picture Show is vanjaar 50 jaar jonk. Hierdie 1975 film is ’n verwerking van ‘n musiekblyspel.

Die storie begin met ‘n gestrande paartjie wat die herehuis van ‘n flambojante wetenskaplike en sy eksentrieke gaste binnestap. Wat volg is een van daai partytjies wat jou ma jou belet het om by te woon. En wat sê mens oor die musiek; die gelyke bestaan nie meer nie …

Die film het aanvanklik misluk en ongeveer $1 miljoen ($6 miljoen vandag) verdien voordat dit uit teaters verwyder is. Dit het sedertdien kultusstatus bereik en ongeveer $160 miljoen verdien EN dit is dié langslopende filmvrystelling in die geskiedenis.

The Rocky Horror Picture Show
The Rocky Horror Picture Show

Lewer kommentaar

Leave a Reply