Rolverdeling van Suidooster, ’n nuwe Afrikaanse sepie

“Talle bekende gesigte sal in Suidooster gesien word, wat vir Afrikaanssprekendes soos ou vriende sal voel. Dan is daar ook ’n vars briesie van opkomende sterre,” sê Karen Meiring, M-Net se Direkteur van Afrikaanse kanale. “So seker as die wind sal waai, beloof die akteurs om kykers van die eerste episode vasgenael te hou en te laat saam gesels.”

Verskeie karakters in Suidooster het al voorheen in Suid-Afrikaanse sitkamers gekuier danksy prominente rolle in ander sepies en gewilde televisieprogramme.

Veteraanakteurs wat in Suidooster te sien is, is Denise Newman, Johan Botha, Cedwyn Joel, Abduraghmaan Adams en Marcel van Heerden. Ander bekende gesigte is Theresa Sedras, Jill Levenberg, Portia Joel, Danny Ross, Irshaad Ally en Marco Spaumer.

kykNET en kykNET & kie is ook opgewonde om nuwe televisie-gesigte by Suidooster se rolverdeling in te sluit. Hulle is Gerwen Simon, Simone Biscombe, Gideon Lombard en Greta Pietersen.

Die storie van Suidooster gaan oor ’n klein winkel- en sakesentrum in Ruiterbosch, ’n fiktiewe voorstad in Kaapstad, waar drie gesinne in mekaar se doen en late betrokke is. Hulle deel in mekaar se lief en leed, maar natuurlik is daar ook vreugde, vetes, twis, liefde, wraak, misverstande en jaloesie.

Suidooster het gister begin en sal op Maandae, Dinsdae en Woensdae om 18:00 op kykNET en kykNET & kie. uitgesaai word, met ’n herhaling daardie aande om 20:00 op kykNET & kie. Nog herhalings sal op ander tye plaasvind. Besoek kyknet.tv vir inligting oor programskedules.

Suidooster
Suidooster

Die akteurs in alfabetiese volgorde volgens voornaam is:

Abduraghmaan Adams, Cedwyn Joel, Danny Ross, Denise Newman, Gerwen Simon, Gideon Lombard, Greta Pietersen, Irshaad Ally, Jill Levenberg, Johan Botha, Marcel van Heerden, Marco Spaumer, Portia Joel, Simone Biscombe en Theresa Sedras.

Lewer kommentaar

Leave a Reply