Ek het gewonder wanneer die atoombom sy opwagting in die flieks gaan maak na 9/11. Die eerste film (van nog baie) is die storie soos geskryf deur Tom Clancy homself. Net jammer daar word so belaglik omgegaan met sy boek.
Die lelike mans (soos my dogter sê) herinner aan karakters uit ´n tweederangse rolprent van een of ander strokiesprent, die Russiese president hoort eerder in ´n James Bond-prent en Jack Ryan (Ben Affleck) is hopeloos te jonk, ´n feit wat die storielyn ietwat belaglik laat lyk.
Gaan lees eerder Clancy se boek!
3/10
