Kieslys

Close


*/

25 Januarie
2009
Gedigte
2519 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Gedigte van Cecile van Zyl

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Het gedink …

Ek het gedink .

. dat ek jou kon vergeet,
en in die sagte nag alleen kon slaap.
Maar in eenvoud het ek nie geweet,
dat ek met elke windvlaag sou ontwaak.

Dat ek die ligte trilling van jou hand,
weer oor my sluimerende hals sou voel.
Ek het gedink die vuur wat in my brand,
het soos die wit boog van die sterre afgekoel.

Nou weet die lewe is soos n lied,
waarin die smarttroon van ons skeiding klink.
En alle vreugede eindlik terugvloei in verdriet.
Waar ons ten einde, saam in eensaamheid versink.

Vangnet

Wanneer reëndruppels neersak,
en onweer dreun.
Blitse deur die lug klief.
Weet ek dat ek hier knus,
By die hitte van jou kaggelvuur,
in die veilige hawe van jou nessie
kan bly.

Wanneer trane vloei,
En my hartklop wroegend dreun.
Pyn deur my gemoed sny.
Weet ek dat ek hier by jou, knus
By die aanvaarding van jou liefdevolle arms
kan bly.

Wanneer ander se woorde my kneus,
en ek treurend kwyn.
Terwyl hul openlike haat my knak.
Weet ek dat ek vanag, knus
By die helende hawe van jou vangnet arms
kan sak.

Somnambule

Op die soom van slaap,
lê my rustende figuur, vasgevang.
In die donker dreig onderbewuste demone en seer.
In n maalkolk bokant my wese.
Chaos wat my vashou in sy drakoniese foltering.
Ver van hulp en n gerustellende skouer,
dreig skadu’s en seer.
Om my te oorstelp,
en om my ‘n dupe van my eie denkbeelde te maak.

Ek knyp my oë stywer toe,
en poog om te vlug van die werklikheid wat ek nooit sal loën.
Terwyl hy nie huiwer om my teer punte uit te lig nie.

Die enigste manier om van die ulkus ontslae te raak,
Is om my swakhede met oop oë aantespreek.
En die silfe in helder daglig te konfronteer.

Dit? of die alternatief …

… ewige pyn.

Rehab
Noem dit maar op, drugs of die dop,
geen ander dwelm is so verslawend,
Laat my bouval so gehawend.
Hoopvol suig ek my sigaret,
En bid dat ek môre gaan opstaan uit my bed.

WEEK 1

Vanoggend voel ek goed,
ek dank God want jy is uit my bloed.
Ek kan weer lewe,
nog nie een oomblik gebewe.

My bors voel lig,
elke asemteug is verlossing.
Ek tap my bloed vol suiwer borrels,
En skrop jou swart kanker selle van my brein af.

WEEK 2

Ek het soveel energie,
ek kan nie ophou leef nie.
My vriende sê hulle is bly ek is terug,
So bou ek oor jou ´n brug.

Ek kan weer glimlag,
jy is nie meer in my oë.
My hart behoort nou weer aan myself,
en aan almal wat in my glo.

WEEK 3

Ek voel vanoggend so bietjie traag,
sal my maar liewer by die “Moon” en “Death” behaag.
Ek het vir geen mens lus,
en wens hulle wil my los om te rus.

Ek soek oral vir nog net een “fix”,
en “traai” al my ou “tricks”
Kuile in my palms gesweet,
Oral loer verwronge monsters wat van my probleem weet.

WEEK 4

Ek kan nie meer die leegheid verduur,
Staar na my horlosie en tel elke uur.
Ek wonder of ek ooit sal genees,
en besef, jou walms het my verewig gekneus.

Ek kry nagmerries,
En hardloop weg vir die hel.
Soekend na hulp,
Tog kan ek niemand vertel.è

Opsend
Ek wil jou gaan soek,
al moet ek gaan na die land van vertrapte dagdrome.
Stukkend gevat deur hulle wat dit bepeins.

Ek wil jou gaan soek,
en wanneer ek jou kry, gaan ek jou vashou, met my hele wese.
Want ek sal jou nooit weer kan verloor nie.

Ek wil jou gaan soek,
ek sal jou die heeltyd roep oor en oor jou naam skreeu.
Tot my keel net so droog, soos die trane nou net in my hart is.

Ek wil die holte van my hart opruim,
skoonmaak vir wanneer jy terug kom.
Sodat ons saam in die weelde van my liefde kan klop.

Ek wil jou hier by my hê,
Maar realiteit maak nie altyd sin nie,
en ons saamwees is vir eers opgedroog.

Ek wil jou onthou,
die momento’s van ons saamwees oor en oor speel.
Todat jou beeld in my gedagtes vasgebrand het.
En jy verewig deel van my sal wees

Muse
Hier volg ´n godeverhaal,
wat ek baie diep uit my hart haal.
Ek dink in al die mites saam,
is daar nie een so bekoorlik soos sy naam.

Jy kan hulle almal vra,
terwyl ek my lot aan jou bekla.
Van Odin regdeur tot by die Meermin,
sal hulle ook sy lof besing.

Hy is my muse, die een wie voor ek skryf.
Hy lees al my griffels met ´n frons onder sy blonde kuif.
Ek kan nie sonder hom deur die lewe loop,
vir hom sal ek kaal hand baklei teen Sikloop.

Noem die naam van enige Adonis in die godeleer,
nie eers grote Zeus kan ek so begeer.
Pegasus kry skoon skaam,
en Pandora roep oor en oor sy naam.

Koning Atlas vra “wiè is diè man?”
En Uranus lispel mistrouig “ek ken nie eers sy van”.
Feniks vlieg die wêreld vol,
en Eenhoring kry almal op hol.

Ek kan maar net hoop,
dat hy nie eendag besluit om te loop.
Al die dankies in die wêreld is nie genoeg.
Vir al die woordlande wat hy vir my omploeg.

Kleinserig
Ek is bang om jou te verloor.
Banger as vir die reën.
Banger as vir die blitse.
Banger as vir die geraas.
Ek wens ek kan jou hier hê.
Ek kan nie meer ? hier in die skemer,
my trane vir myself hou nie.
Die hael val so hard.
My kersie is amper uitgebrand,
en buite raak dit nou donker.

As ek jou mooi vra,
sal jy asseblief bly?

Inkubus
Snags,
Skrik,

ek wakker, terwyl n stortvloed druppels pyn op my voorhoof pêrel,
en ek my hartklop met snelle vaart deur die leë kamer hoor weerklink.
My asem huigend, soos die snikkende wind.
Soekend na lafenis in die groot onthou,
geluidloos kom die nugterheid na vore,
die stille ontnugtering,
in die vuur van jou taal.

Gebukkend onder die toga van edel hartseer,
wat my omstrengel en bind soos stringe Chinese sy,
terwyl die pyn onherroeplik drup op Sagte wit katoen
bewende hande wat mankoliek keervir die
skugter snikke wat harder en woester nagalm,
todat ek skreeu huilend in n fetale posisie sak.

gedagtes spoel oor my siel
ek rou oor jou
maar jy is nie dood nie
jy is nog lank nie verby
beelde van jou
gaan altyd in my nagtaal bly

Etiek of Erotiek
O tempora, O mores, O amor.

Bedompig binne, Bedompig buite.
Stink gesweet vir my daaglikse krummel.
Tog toon jy geen verweer,
wanneer jy my aan die glasbeton knel.

Ek hyg? Hoekom nou?
O tempora.
Kon dit nie vroeër ? later, anderdag gewees het nie?

My vel word opgeëis deur jou hande.
Jy vat verby vandag se taai.
Terwyl jy my liggaam minnekoos.
Tog uiter jy geen woord van toewyding.

Ek hyg? Wat nou?
O mores.
Ek kan my nie van jou seduksie weerhou.

Jou tong gleuf my lippe,
Ek skrik vir die wildheid in jou smaak.
Rooiwit raak die soelte,
en dring deur my verstandtaal.

Ek kan nie meer nie sê my hoe?
O Amor.
Waarom is ek lief vir jou?

Dupeer die pyn
Die Pikte van oeroud kon dit verstaan,
toe hul met hul kanibalistiese drange,
na mekaar loer.

Soos ek en jy nou mekaar aanstaar,
wanneer ek hier op jou tafel lê,
en ek weet jy my wil verorber, nou en vannaand.

Ek voel al hoe jou tande my insink,
hoe stukke vleis uit my skeer.
Jy my heel insluk.

Ales oor jou Prehistorie.
Dinge wat ek niks van weet.
Doen jy nou die primitiefste daad bekend aan mens.

Maak dit wat jy lief wil he, dood.
Verorber alle tekens van lewe,
todat daar niks oor is van dit wat eens suiwer was.

Ek wens jy wil my vat na jou voorwêreld,
daar moet jy my leer om jou te begryp,
en ek sal jou wys wat om te doen wanneer jy begeer.




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Gedigte
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Gedigte
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Gedigte
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Gedigte
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Gedigte
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Janet
2019-01-18 17:21:05
wat beteken kleingeestig...
H L Wehr
2019-01-17 22:25:02
Definisie en betekenis die verskil...
Robert
2019-01-10 18:20:15
Kan Annarine Erasmus my groot asb kontak deur my te epos na robert.conradie91@gmail.com Dis in verb...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD