#TuinVanDigters Dubbeldoor talent

Sisca Julius, ’n oudleerling van die Hoërskool Noord-Kaap en Pukstudent, is onlangs aangewys as die nasionale wenner in beide die prosa- en poësie-afdelings van die Poort-skryfkompetisie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Wat hierdie prestasie nóg indrukwekkender maak, is dat dit die eerste keer in 45 jaar is wat ’n leerling beide pryse wen. Kom luister hoe hierdie belangrike nuwe stem gesels oor haar werk en daaruit voorlees.

Met: Sisca Julius en Diana Ferrus

Genre: Woordkuns
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 45 minute
Kaartjies: R200 vir alle vertonings op die dag
Plek: Breytenbach Sentrum, Wellington
Datum: 16h00, 19 September 2015

Tuin van Digters 2015

Dubbeldoor talent,
Roekeloos,
30 Augustus 2015.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply