Met Stoffel: die beste stories, bring Human & Rousseau Christiaan Bakkes se mees geliefde Afrikaanse verhale byeen in ‘n splinternuwe versamelbundel.
Hier val die klem op Bakkes se “Stoffel”-stories: verhale waarin Bakkes as Stoffel Mathysen figureer, maar wat deurgaans op ware gebeure gebaseer is.
In sy kenmerkend ongekunstelde styl verken Bakkes – gesogte wildbewaarder en gerekende safarigids – wildernisse en vlaktes met eerlikheid en ‘n fyn sin vir humor.
Die verhale in hierdie bundel word byeengebring deur Suzette Kotzé-Myburgh, en word saamgestel uit Bakkes se Stoffel in die wildernis (2000), Stoffel by die afdraaipad (2004), Stoffel se veldnotas (2007), Stoffel in Afrika (2010), Stoffel op safari (2012) en Krokodil aan my skouer (2014).
‘n Keur uit die skrywer se oeuvre, geskik vir gesoute sowel as nuwe Bakkes-lesers.
Stoffel: die beste stories word 15 Oktober 2015 vrygestel.
Stoffel: die beste stories,
Bettie Blom,
23 Augustus 2015.