In Uit die kroes word die Noord-Kaapse leefwêreld opgeroep in verse wat Namawoorde op verrykende wyse inkorporeer. Dit bevat gedigte wat die sentrale dog geringgeskatte rol van die bruin vrou in die Suid-Afrikaanse geskiedenis belig. Ook die hedendaagse posisie van die jong bruin vrou word bekyk – hoe daar byvoorbeeld steeds teen wanpersepsies oor ras en skoonheid gestry word.
Jy dra jou kroes hare so laat mense kan sien
glad alleen beteken nie mooi nie.
Uit die kroes / deur Lynthia Julius— Kwela , April 2020; sagteband. — ISBN 9780795709531