Die Britse sangeres, liedjieskrywer en aktrise Vera Lynn is 18 Junie 2020 oorlede in die ouderdom van 103 jaar.

Sy het bekendheid verwerf tydens die Tweede Wêreldoorlog met liedjies soos “We’ll Meet Again”, “The White Cliffs of Dover”, “A Nightingale Sang in Berkeley Square” en “There’ll Always Be an England”. Sy is in 1969 vereer met ’n OBE vir haar dienste aan die Royal Air Forces Association en ander liefdadigheidsorganisasies en bevorder tot ’n Dame Commander of the Most Excellent Order of the British Empire (DBE) in 1975 vir liefdadigheidsdienste.

Vera Lynn repeteer saam met Dolf van de Linden in Nederland. 18 November 1959. (van die oorspronklike foto van Henk Lindeboom/ Anefo)

Lewer kommentaar

Leave a Reply