Hierdie is Koos Kombuis se eerste gedrukte digbundel in meer as twintig jaar.

Hy is van plan om enkele van die gedigte in hierdie bundel te toonset en dit dan, as promosie vir die bundel, te sing by die talle eenmanskonserte wat hy gedurig in Suid-Afrika doen.

“Vandag wil ek my blou skoene dra is my rypword-bundel en ’n geskenk aan myself. Ek het dit geskryf vir my eie plesier. Twintig jaar het verbygegaan sedert my vorige digbundel. Twintig jaar waarin ek drugs gelos, ’n gesin begin en nuwe skoene gekry het.”

Die bundel is lig en humoristies, met ‘n subtiele geestelike element.

Toeganklike poësie vir lesers in alle belangstellingsvelde.

Vandag wil ek my blou skoene dra word op 23 April 2018 vrygestel.

Vandag wil ek my blou skoene dra / Koos Kombuis — Naledi, 23 April 2018; sagteband. — ISBN 9781928426080

Vandag wil ek my blou skoene dra,
Bettie Blom,
8 April 2018.

3

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar