Suidoos
In die tweemanvertoning, Stef en Koos: Suidoos, sien ons weer die musikante/liedjieskrywers Stef Bos en Koos Kombuis saam op een verhoog.

Vir Koos Kombuis is Kaapstad ‘n Moederstad in die ware sin van die woord. Hy is hier gebore en put jare reeds inspirasie uit Kaapstad.

Hoewel Stef Bos ‘n huishoudelike naam in die Lae Lande is, bevind hy hom deesdae in die hartjie van Kaapstad, waar hy reeds ‘n geruime tyd woon en werk.

Gaan kyk met watter klanke en kwinkslae hierdie twee veterane van die Suid-Afrikaanse musiekwêreld vorendag kom by die Suidoosterfees.

Met: Koos Kombuis en Stef Bos

Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking:
Tydsduur: 1 uur 30 minute
Kaartjies: R110
Plek: kykNET-teater, Kunstekaap, Kaapstad
Datum: 1 Mei 2018
Suidoosterfees 2018


Suidoos

Suidoos


2.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar