Koos se laaitie sukkel met sy huiswerk.
“Pa” vra hy, “Wat is die verskil tussen ‘kwaad’ en ‘woedend’?”
“Kom ek wys jou” sê Koos. Hy tel die telefoon op en druk sommer ‘n paar nommers.
“Hallo,” antwoord ‘n stem aan die ander kant.
“Hallo,” sê Koos, “Is Julius daar?”
“Nee,” antwoord die stem aan die ander kant. “Ek stel voor u gaan u nommer na.”
“Sien jy,” sê Koos vir sy seun. “Daai oom is glad nie in sy noppies met my nie. Hou dop wat nou gebeur.” Koos skakel weer dieselfde nommer.
“Hallo, is Julius daar?”
“Luister hier,” antwoord die man vies.” “Ek het mos gesê hier is nie ‘n Julius nie! Hoe durf jy weer die nommer bel!”
“Het jy dit gehoor?” vra Koos vir sy laaitie. “Dit was ‘kwaad’. Nou gaan ek jou wys hoe lyk woedend.”
Koos skakel weer die nommer.
Toe die man antwoord sê Koos: “Hallo! Dis Julius hier. Was daar enige oproepe vir my?”
