Wie de …

Die Karoo-dogter gaan vir die vakansie terug plaas toe, na haar eerste paar maande op universiteit.

Die eerste ding wat haar pa, ’n stoere ou Afrikaanse boer, oplet is dat sy dogter ’n bietjie gewig aangesit het. “Dit lyk my die universiteit is goed vir jou my liewe dogter, jy is nie meer so ’n visgraat soos toe jy hier weg is nie.”
“Ja, pappa.” Sug die dogter. “As ek uitrek vir gym, dan weeg ek amper 5 kg meer.”

Op daai punt raak die boer alle skakerings van rooi en pers. Toe hy uiteindelik ’n woord uitkry bulder hy:
“Wie de donder is die Jim?”

♦♦♦

(Stuur jou grappe na bydraes [by] roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply