Brakkiekoek

Genoeg vir 1 koek of 4 groot muffins.

Voorbereiding: 20 minute
Gaarmaak: 30 min @ 180 grade

Bestanddele:

• 250 g maer maalvleis
• 1 gerasperde wortel
• 75 g hawermout
• 75 g meel
• 30 g botter
• 3 plaaseiers
• 250 ml ongegeurde jogurt
• stukkies ham, spek of wosies vir versiering

Maak die maalvleis in ‘n klein bietjie water in ‘n pan gaar. Voeg die gerasperde wortel by en kook nog ‘n rukkie.

Meng die hawermout en meel in ‘n groot mengbak en vryf die botter by. Voeg die eiers by om ‘n taaierige pasta te maak. Skep die maalvleismengsel by en meng alles saam.

Druk die mengsel in ‘n gesmeerde koekpan. Bak vir 30min. Laat afkoel en versier met yogurt en stukkies ham, spek of worsies.

bydrae: Nadia le Roux

Lewer kommentaar

Leave a Reply