Daar’s ’n gat in die grond –
En die groen gras groei daarom!

Ken jy die res van hierdie liedjie?

As jy Afrikaans is, roep die frase waarskynlik ’n busrit voor die gees. Dink aan ’n skooluitstappie met jillende kinders wat die woorde nasing en ’n paar sielsmoeë onderwysers wat halfhartig probeer orde handhaaf terwyl die landskap buite verbyflits.

Die uitstalling is ’n binnenshuise gespreksgenoot vir die botaniese tuin. Maar in plaas daarvan om ’n natuurlike ruimte te illustreer, is die mikpunt om die kyker op ’n visuele reis te neem.
Die ruimte herinner aan plante en landskappe, maar is meer introspektief; ’n poëtiese bespiegeling oor groei en verganklikheid, met verskuilde verwysings na eienaarsskap, natuurrampe (brand) en tasbare herinneringe.

Kunsternaar: Liza Grobler

En die gras groei daarom …
Genre: Kuns
Plek: Potchefstroom
Datum: tot 7 Oktober

Aardklop 2018


En die gras groei daarom …

En die gras groei daarbo - Liza Grobler
En die gras groei daarbo – Liza Grobler


En die gras groei daarom …


4

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar