Miljoene vir Suid-Afrikaanse kuns

Strauss & Co se kunsveiling in Johannesburg die week het amper R42 miljoen in die sak gebring.

Boaan die lys was Irma Stern se “Portrait of Freda Feldman with Basuto Hat” (1943) wat vir amper R5 miljoen van die hand gesit is.

Portrait of Freda Feldman with Basuto Hat
Portrait of Freda Feldman with Basuto Hat

Werke deur JH Pierneef het ook uitstekend gevaar, met “Winter Bosveld” wat vir meer as R1,8 miljoen verkoop is. Al 11 werke van Pierneef op die veiling is verkoop, almal vir meer as hul geskatte waarde.

Die grootste verrassing was Vladimir Tretchikoff se “Sunflowers” (1959). Daar is geskat dat dit vir sowat R400 000 sal verkoop, maar bieërs het waansinnig begin bie en dit is uiteindelik vir meer as R1,7 miljoen verkoop. Hierdie uitsonderlike werk was nog nooit voorheen te koop aangebied nie. Dit is destyds direk by Tretchikoff gekoop in die jaar wat dit geverf is.

Sunflowers
Sunflowers

Kontemporêre kuns is ook opgeraap deur beide nuwe en ervare kunsversamelaars. Werke van William Kentridge, Norman Catherine, Willem Boshoff, Pieter Hugo, Kudzanai Chiurai en Cameron Platter het besonder goed presteer.

Lewer kommentaar

Leave a Reply