Dis vanjaar 21 jaar sedert die legendariese stem van Suid-Afrika se eerste ware superster, Gé Korsten, vir altyd stil geword het, en sy lewe, loopbaan en fenomenale talent word gevier in Frans Swart se huldeblyk-produksie, Gé Sing: Hoor My Lied!
Die wonderlike produksie word na jou sitkamer gebring op Vrydagaand, 17 Julie om 19h00. Besprekings kan by Computicket gedoen word. Die Musikale Regisseur is Chanie Jonker.
Oudiovisuele argiefmateriaal word gebruik om die gehoor ‘n oorsig oor sy werk te gee, asook insigte oor Korsten as kunstenaar en mens. Sy musikale nalatenskap word op ‘n vars manier herinterpreteer deur van die land se voorste kunstenaars, waaronder Louis Loock, Arina de Witt, Jannie Moolman en ‘n volle orkes.