#Aardklop Requiem for the Living

Requiem for the Living,
Roekeloos,
6 September.

Komponiste Dan Forrest en Karl Jenkins se musiek word saamgesnoer in ’n opwindende produksie van die NWU se Puk-koor en die Puk-simfonieorkes.

Die program bestaan uit twee toeganklike werke van dié twee lewende komponiste. Forrest se “Requiem for the Living” (2013) is ’n hartroerende klankbaanagtige komposisie wat besig is om vinnig ’n gunsteling onder wêreldgehore te word.

Jenkins is tans die lewende komponis wie se werke wêreldwyd die meeste uitgevoer word. Sy “Gloria” (2009) is gebaseer op engele se lofprysing van Christus se geboorte.

Interessante perkussie sorg vir opwinding vir die gehoor.

Genre: Musiek
Taal: English
Ouderdomsbeperking: Almal welkom
Tydsduur: 75 minute
Kaartjies: R 80
Plek: NG Kerk Miederpark, Potchefstroom
Datum: 9 Oktober 17h00 & 11 Oktober 1h00

Aardklop 2014

2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply