“Briljant!” “Die beste musiekproduksie in jare”“Wêreldklas” is maar ‘paar van die woorde wat deur
teatergangers landwyd oor Afri-Frans, die produksie geuiter is.
Die konsert word gelei deur die skitterende Franse sangeres Myra Maud. Saam met haar op die verhoog is bekroonde sangeres Anna Davel en ook van die land se heel beste musikante Matthys Maree, Denny Lalouette, David Klassen en Mauritz Lotz.
Die musiek maak dadelik kosbare Suid-Afrikaanse herinneringe wakker, terwyl tradisionele en geliefde
Afrikaanse liedjies in Frans nuwe lewe kry. “Enfants que vent emporte” – “Kinders van die wind” en “Côte
atlantique” – “Blouberg se strand”, is van die nostalgiese liedjies wat in die konsert gesing gaan word.
R120-R140
25 Sept 11h00
26 Sept 12h00
FNB Ouditorium (Polisie Kollege), Paarl