Beethoven Tango spreek tot die ondersoekende musikale palet en kombineer die verfynde kwaliteit van Hofmeyr se klassieke tegniek met die improvisasie toorkrag van kontemporêre klavier.

Beethoven Tango is ’n unieke musikale reis wat die vuur van tango-ritmes met wêreldmusiek, jazz en Beethoven byeenbring met treffers soos onder andere An Englishman in New York,
Fragile, Libertango, Fields of Gold en Errol Garner se Misty.

Sien uit na ’n unieke stilistiese interpretasie van welbekende werke, met vars nuwe energie van Du Plessis se verwerkings. Die eerste samewerking van Hofmeyr en Steinway-kunstenaar Du Plessis, was in 2011 en het uitgeloop in landswye toere en ’n hoogsaangeskrewe album, Beethoven Tango.

Hofmeyr, ’n gevestigde violis en graduandi van die Julliard School of Music, het reeds vyf CD’s vrygestel en daar is ’n roos na haar vernoem.

Du Plessis was die eerste pianis wat op Tafelberg opgetree het en het reeds agt CD’s vrygestel.

Met: Zanta Hofmeyr (viool) en Charl du Plessis


Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur 10 minute
Kaartjies: R125
Plek: NG Moederkerk, Oudtshoorn
Datum: 13 Augustus 2017, 11:30

Klein Karoo Klassique 2017


Beethoven Tango


Beethoven Tango


2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar