Luister na die klanke van twee instrument gunstelinge: die harp en tjello.

Met Bach se bekende Arioso uit die baroktydperk, gevolg deur die romantiese melodielyn van Gounod se Ave Maria.

Hierna musiek van die kunstenaars se gunsteling komponiste: Debussy en Pärt.

Clair de Lune beteken lig van die maan en is geïnspireer deur en vernoem na ’n gedig van Paul Verlaine. Dit is ’n kragtige werk wat die gehoor sal meevoer.

Arvo Pärt se Spiegel im Spiegel het dieselfde impak, maar met ’n minimalistiese aanslag vir ’n musiekwerk vol betekenis. Die musiek is kalm, sentimenteel en tydloos, met stiltes ook gekomponeer.

Die program eindig met Hallelujah, Starry Starry Night en The Nightingale, met al drie werke wat noemenswaardige kunstenaars reflekteer.

Met: Jana van der Walt (harp) en Rina Schutte (tjello)


Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur 20 minute
Kaartjies: R125
Plek: NG Moederkerk, Oudtshoorn
Datum: 13 Augustus 2017, 09:30

Klein Karoo Klassique 2017


Spieël-dans in die maanlig


Spieël-dans in die maanlig


2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar