‘n Bietjie bos, 'n massiewe naweek in die ooptes van die lieflike plaas Marakeli in Limpopo.

Bietjie Bos Fees is vir dié van julle wat graag in die Bosveld wil kuier, met heeldag musiek en vermaak vir oud en jonk. Sorgeloos! Dis hoe ‘n fees moet wees! Van die beste en mees geliefde Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan die verhoog deel. Die legendariese bosveld musiek-ruiter Valiant Swart sê: "Ek is baie opgewonde oor die Bietjie Bos Fees - dis hoog tyd! Ek was hopeloos te lanklaas in sonnige Thabazimbi se wêreld; ek het nog altyd net baie goeie tye daar gehad. Behalwe vir die lekker fees-atmosfeer, sien ek verskriklik uit daarna om die ander bands te sien en 'n slag te rock 'n roll soos in die bad old days. Elektriese kitare, dromme en yskoue bier - wat meer kan mens vra? Die line-up is kookwater! Sien jou in die mosh pit!"

Valiant Swart

Bouwer Bosch van Straatligkinders sê dat hulle ook nie kan wag om by Bietjie Bos op te tree nie: “Dis altyd fantasties om in die bosveld te wees en om ‘n show te doen in die buitelug waar jy nie net jou gunsteling liedjies vir mense kan sing nie, maar dit ook onder die sterre kan doen. Dit is waar natuur en musiek bymekaar kom – en dis twee van die mooiste goed in die wêreld.
Ons kan nie wag nie! Feesgangers kan van ons ou classic songs verwag, asook ‘n paar lekker stoute covers.”

Peach van Pletzen beaam dat dinge net lekker kan raak: “In die bos kan mens raas so hard soos jy wil. En ons gaan RAAS! Verwag al die massive hits, ‘n KRAG show met fabulous techno glam!”


Die hekke maak Vrydag 13h00 oop en daar is baie plek vir jou en jou vriende om behoorlik nes
te skop vir die naweek – met nabygeleë kroeë en kosstalletjies vir heelnaweek se partytjie.


KUIER SAAM: https://bit.ly/GAANBOS
KOOP KAARTJIES: https://www.bietjiebosfees.com/

KAARTJIES:
Kinders onder 3 jaar Gratis Toegang.
Kinders 3 – 15: R95 dag kaartjie of R250 naweek kaartjie.
Early Bird – Volwasse R195 per dag of R450 vir die naweek.
Algemeen – Volwasse R250 per dag of R500 vir die naweek.
VIP – Kaartjies sluit in losie naby verhoog met privaat kroeg en toilette, asook VIP parkering:
R1200 pp of R20 000 vir 20 mense.
Bring jou eie tent (kampeerplek ingesluit by kaartjie) of gaan na www.bietjiebosfees.com om
spesiale tent-opsies te bespreek.


SPESIALE KAMPEER OPSIES:

(2 persone)
Basiese Tent R1400
VIP Protea Tent R2400 – met ontbyt.
Palm Glamping R15 000 – met ontbyt.

Lewer kommentaar

Leave a Reply