Die Blondes ondersoek die verband tussen bekende klassieke musiekwerke en rolprentmusiektreffers.
Interaksie met die gehoor word verkry deurdat hulle moet raai watter klassieke musiekwerk verweef word met ’n bepaalde temalied uit ’n rolprent, en andersom.
Byvoorbeeld, watter klassieke werk gebruik ons saam met die Schindler’s List tema? As it is in Heaven, Deer Hunter en Chariots of Fire word gehoor, die seerower, die swaan en die koningin van Skeba moet iewers inpas, en die spioen in die Aston Martin …
Die twee pianiste se styl is kenmerkend: klassieke musiek met ’n ligte aanslag, ligte musiek met ’n klassieke aanslag.
Met: Zorada Temmingh en Elna van der Merwe
60 minute
R90
Sandbaaisaal, Hermanus
Vr. 9 Aug. 20:30
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
