Hierdie is ‘n nostalgiese musiekproduksie wat getuig van eenvoud en gestroop is van alle pretensie.
Niel Rademan se stem is sy beste wapen. Hy gebruik dit om die verskillende nuanses van onder andere Danie Bosman en Jacques Brel se musiek na vore te bring. Sy vaardigheid as trekklavierspeler is ‘n pluspunt. Saam met die Bolandse klaviervirtuoos, Elna van der Merwe is hierdie ‘n onvergeetlike reis deur ou Europa en terug tot diep binne jou hart.
By die Boer teater restaurant op Sondag 4 September 2022 om 14:00 (deure open om 12:00. Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com