Die Suid -Afrikaanse komponis en baskitaarspeler Carlo Mombelli is niks minder as ‘n nasionale skat nie. Die diepte, passie en vindingrykheid van sy musiek het hom ‘n moderne musiek “enigma” gemaak. Sy musiek is in die pers beskryf as “ongelooflik mooi” – The Jazz Times (VSA) en “Elke nou en dan verskyn daar ‘n unieke kunstenaar wat musiek vervaardig in teenstelling met enigiets wat jy al ooit gehoor het.” Bass Player Magazine (VSA)

In hierdie vertoning sal Carlo die musiek van sy nuutste album opvoer met sy bobaas plaaslike band, bestaande uit Kyle Shepard (klavier), Jonno Sweetman (dromme) en Keenan Ahrends (kitaar). Hulle word op die verhoog vergesel deur drie spesiale internasionale gaste – die wêreldklas Duitse trompetspeler, professor Claus Reichstaller (hoof van Jazz Afdeling) en baskitaar, Martin Zenker (professor in Bass), beide van die München Universiteit van Musiek en Uitvoerende Kunste en die uitsonderlike Mongoolse jazz-sangeres, Enji Erkhembayar. Erkhembayar is ook vaardig in die hoogs gespesialiseerde Mongoolse kuns van keelsang of “longsong”.

Die konsert is die viering van ‘n werkswinkel vir studente en musikante wat vanaf 28 November tot 1 Desember deur die Cape Town Music Academy (CTMA), in samewerking met die Suid-Afrikaanse Kollege vir Musiek (SACM) by UCT gehou word. Mombelli, Reichstaller, Zenker en Erkhembayar is van die aanbieders vir hierdie vierdaagse reeks gratis werkswinkel en meesterklasse in verskeie aspekte van jazz improvisasie en aanbieding.

Hierdie werkswinkels en meesterklasse sal by die Suid-Afrikaanse Musiekkollege by UCT plaasvind en is oop vir almal wat belangstel en gratis. Jazz en klassieke studente van alle vlakke is welkom sowel as professionele musikante. Spesiale reëlings sal getref word vir hoërskole wat belangstel om te verseker dat tye belangstellende leerlinge sal pas. Daar is beperkte beskikbaarheid, so deelnemers moet vooraf bespreek. Vir meer inligting, asook om plek te bespreek, kontak asseblief Vicky Davis, Programbestuurder @ CTMA voor 18 November: vickydav@gmail.com

Met: Carlo Mombelli (Suid Afrika) Kyle Shepard, Jonno Sweetman, Keenan Ahrends
Claus Reichstaller & Martin Zenker (Duitsland)
Enji Erkhembayar (Mongolië)
Vervaardig deur: Cape Town Music Academy (CTMA)

Oude Libertas, Stellenbosch 2 Desember 2018
Kaartjies R220 by Computicket. Tyd: 20h15.

Martin Zenker
Martin Zenker

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar