Een van SA se mees gewilde jong sangers, Jaakie, is `n wakeboard kampioen met vier powerhouse enkelsnitte tot op hede: “Hulle” met Jack Parow, “Kolwyntjie” met Van Straten, “Dans nie” en nou die nuutste: “Check vir My” met Hunter Kennedy en Fred den Hartog. Jaakie is reeds ook `n fenomeen op sosiale media: Hy het `n paar duisend volgelinge en sy inhoud word soveel keer gedeel dat daar nagenoeg 5 miljoen gesamentlike kyke op Instagram, Tik Tok en Youtube Shorts tot op hede is. Voeg daarbysaam 800 000 + strominge op Spotify, Apple Music en meer wat wys dat Jaakie goed oppad na `n goue loopbaan is. 

Jaakie vertel: “My naam is Jaakie, welkom by The Nothing Club! Ek is ongelooflik dankbaar om saam met Hunter Kennedy (Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties) en Fred den Hartog (Die Heuwels Fantasties) te kon werk op ons nuwe song “Check Vir My.” 

Dis eintlik mal om terug te dink … presies ’n jaar terug was ek nog ’n student. Vandag kry ek die kans om my droom te leef – van optredes regoor die land tot selfs inNamibië. En dit alles het begin toe Fred iets in my gesien het. Hy het my onder sy vlerk gevat en dit is van toe af net ’n ongelooflike golf wat ek ry. Almal weet ook Hunter is ‘n legend. Nie net as liedjieskrywer en musikant nie, maar ook as mens. Van die begin af het hy my laat lag en anders laat dink oor musiek en hoe om dit alles te benader. Ek hoop mense like ons tune!”

“Check vir My” is opgeneem by Fred se studio “The Nothing Club” en die liedjie is gemeng deur Dane Taylor.

Hunter Kennedy vertel: “Als het redelik vinnig gebeur! Fred het ‘n riff gehad. Toe deps Jaakie hom. Toe’t ek nog bietjie saam met Fred geskryf daaraan en Jaakie bring toe sy strandkat energie en there we go! “Check Vir My” is ‘n lekker upbeat alternative anthem wat homself nie te ernstig opneem nie. Check vir ons!

Die video het `n lekker “Miami meets Bellville” gevoel en is verfilm deur Peanut Butter Visuals. Die regisseur was Michael Elliot en die kinematograaf Hendrico Bekker.

Jaakie Fred den Hartog en Hunter Kennedy foto Peanut Butter Visuals
Hunter Kennedy, Jaakie en Fred den Hartog, foto: Peanut Butter Visuals

Lewer kommentaar

Leave a Reply