Die intimiteit van ons greep

Chris Chameleon se eerste selfgeskrewe en selfgekomponeerde Afrikaanstalige album sedert 2009, jy en ek en ek en jy, is verlede maand uitgereik.

Die video van die eerste enkelsnit, ‘Die intimiteit van ons greep’, het verlede week verskyn. Chameleon-produksies het die video self vervaardig.

Chris sê re die konsep van die video: “Ons lewe in ’n wêreld waar die skouspelagtige, die opspraakwekkende baie aandag kry. Baie aspekte van hierdie werklikheid is sinteties, word aangeblaas, opgeblaas. Ek wou met hierdie video so ’n bietjie draak steek met hierdie opvatting. Daar is geen vervanger vir die eenvoud van die liefde nie en ook nie vir die natuur nie. In die video skets ek hierdie oortuiging mbv ’n verhaal, ’n fantasie. Ek is maar baie lief vir verhale. Soos wat ’n helder lig ’n duidelike skadu werp, so kan verhale feite staaf!”

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar