Die bosveld maak gereed vir `n bietjie bos, massiewe naweek in die ooptes van die lieflike plaas Marakeli. Dis `n fees wat geskik is vir die hele gesin en dag- of naweek kaartjies is beskikbaar.

Van die beste en mees geliefde Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan die verhoog deel: Spoegwolf, Early B, Black Cat Bones, Riaan Benadé, Martin Bester, Straatligkinders, Bernice West, Akkedis, Valiant Swart, Die Melktert Kommissie (akoesties), Van Pletzen, Zebraman, Saarkie, Danny Smoke en vele meer. Hier is die program vir die naweek:

Vrydag:

15:00 DJ – Scallywag  

18:00 Saarkie 

19:00 van Pletzen 

20:00 Early B

21:00 Spoegwolf 

22:00-Akkedis 

23:00 DJ- Justin Vega 

Saterdag:

12:00 Andries Botha

13:00  Dagdroom 

14:00 Zebraman 

15:00 Danny Smoke

16:00 Die Melktert Kommisie (Akoesties) 

17:00 Martin Bester

18:00 Riaan Benade

19:00 Bernice West

20:00 Valiant Swart

21:00 The Black Cat Bones 

22:00 Straatligkinders

23:00 DJ – Scallywag

Die legendariese bosveld musiek-ruiter Valiant Swart sê: ‘Ek is baie opgewonde oor die Bietjie Bos Fees – dis hoog tyd! Ek was hopeloos te lanklaas in sonnige Thabazimbi se wêreld; ek het nog altyd net baie goeie tye daar gehad. Behalwe vir die lekker fees-atmosfeer, sien ek verskriklik uit daarna om die ander bands te sien en ‘n slag te rock ‘n roll soos in die ‘bad old days‘. Elektriese kitare, dromme en yskoue bier – wat meer kan mens vra? Die line-up is kookwater! Sien jou in die mosh pit!”

Bouwer Bosch van Straatligkinders sêdat hulle ook nie kan wag om by Bietjie Bos op te tree nie: “Dis altyd fantasties om in die bosveld te wees en om `n show te doen in die buitelug waar jy nie net jou gunsteling liedjies vir mense kan sing nie, maar dit ook onder die sterre kan doen. Dit is waar natuur en musiek bymekaar kom – en dis twee van die mooiste goed in die wêreld.  Ons kan nie wag nie!  Feesgangers kan van ons ou classic songs verwag, asook `n paar lekker stoute covers.”

Peach van Pletzen beaam dat dinge net lekker kan raak: “In die bos kan mens raas so hard soos jy wil. En ons gaan RAAS! Verwag al die massive hits, `n KRAG show met fabulous techno glam!”

Die hekke maak Vrydag 13h00 oop en daar is baie plek vir jou en jou vriende om behoorlik nes te skop vir die naweek – met nabygeleë kroeë en kosstalletjies vir heelnaweek se partytjie.

KUIER SAAM: https://bit.ly/GAANBOS

KOOP KAARTJIES: https://www.bietjiebosfees.com/

KAARTJIES:

Kinders onder 3 jaar Gratis Toegang.

Kinders 3 – 15: R95 dag kaartjie of R250 naweek kaartjie.

Algemeen – Volwasse R250 per dag of R500 vir die naweek.

VIP – Kaartjies sluit in losie naby verhoog met privaat kroeg en toilette, asook VIP parkering:

R1200 pp of R20 000 vir 20 mense.

Bring jou eie tent (kampeerplek ingesluit by kaartjie) of gaan na www.bietjiebosfees.com om spesiale tent-opsies te bespreek.

SPESIALE KAMPEER OPSIES: (2 persone)

Basiese Tent R1400 – met ontbyt.

VIP Protea Tent R2400 – met ontbyt.

Palm Glamping R15 000 – met ontbyt.

Lewer kommentaar

Leave a Reply