Anna Davel en Gloria Bosman deel die verhoog in hierdie splinternuwe verhoogproduksie om die musiek van Ella Fitzgerald te vier. Met tydlose Swing songs wat sy haar eie gemaak het soos “I Got Rhythm”, “Cheek to Cheek”, “Bewitched, Bothered and Bewildered”, “Someone to Watch over Me”, “The Lady Is a Tramp” en “Summertime”.

Sy sou onlangs haar Eeu-verjaardag gevier het, maar is reeds in 1996 oorlede. Gepas juis nou om ’n volle 100 jaar te gedenk van die ongelooflike Ella Fitzgerald se lewe en werk – ’n ware legende wat opgetree het saam met Louis Armstrong en Duke Ellington, en alombekend is as die Koningin van Jazz.

Ella Fitzgerald word wêreldwyd erken as een van die beste vrouesangers in die geskiedenis, en in hierdie vertoning word die veelbekroonde sangeres onthou vir haar tydlose musiek wat steeds ’n eeu na haar geboorte oral op winkelrakke verkoop word en gehoor kan word op internasionale radiostasies. In elke nuwe generasie is daar jong aanhangers reg oor die wêreld wat verstom word deur haar musikaliteit.

Anna en Gloria word op klavier begelei deur die wonderlike en veelsydige Matthys Maree.

7 Maart by die Boer restaurant teater om 20:30
Kaartjies kos R150 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

gloria bosman mathys maree anna davel

Lewer kommentaar

Leave a Reply