In 1810 vertrek ’n vrou van die suidpunt van Afrika onder (waarskynlik) valse voorwendsels per skip na Londen.
Sy word later ’n ‘tentoonstelling’ in Parys en sterf in 1815 in ellende. Haar liggaam word tot 1974 in ’n museum in Frankryk uitgestal.
In 2002 word haar oorskot na Suid-Afrika teruggebring en in haar oorspronklike geboortestreek op Hankey ter ruste gelê.
Beleef ’n treffende, teatrale, begeleide museumtoer wat die kyker dwing om vars na bekende gegewe te kyk.
* Debuut *
Met: Lee-Ann van Rooi, Albert Pretorius en ander
Regisseur: Nicole Holm
Teks: Ingrid Winterbach
Verhoogbestuur: Danielle Louw
Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: geen o/16 jaar
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R130 | R150 by die deur
Plek: US Museum, Stellenbosch
Datum: 2 Maart 19:00 | 3 Maart 21:00 | 4 Maart 19:00 | 7 Maart 19:00 & 21:00 | 8 Maart 19:00 & 21:00 | 10 Maart 19:00 & 21:00
Woordfees 2018
Ons is almal freaks hier
Ons is almal freaks hier
Roekeloos
2.5