Richard van der Westhuizen het in 1979 vir die eerste keer ernstig probeer musiek skryf toe hy die tekste van Hennie Aucamp moes toonset vir die kabaret Die Lewe is ‘n Grenshotel in Windhoek. Dit was die begin van ‘n lang en suksesvolle musiek en liedjieskryf loopbaan.

Sy eerste noemenswaardige sukses was met die temalied vir die TV – reeks Ballade vir ‘n Enkeling wat uiters gewild was, en nog steeds is. Hy werk ook saam met Louis van Rensburg aan die klankbaan vir die twee reekse. Dit word opgevolg deur die album Tussen Treine waar hy saam met Lochner de Kock werk. Tussen Treine het tot vandag toe nog steeds amper legendariese status in Afrikaanse musiek.

Na nog twee albums saam met Lochner, Vuurklip (SAMA nominasie) en Dorsland, begin hy werk as ‘n solokunstenaar met Songs uit my Binnesak, Swerwerspoor, Tydloos (met Gerhard Steyn), Ballade vir ‘n Enkeling en die jare daarna en Yster en Vuur.
Die vertoning is ‘n terugblik op sowat 40 jaar van liedjieskryf, sing en optree, en bevat van sy vroe?re werk tot nou toe, met een of twee splinternuwe liedjies wat nog nie opgeneem is nie. Hy gesels en lag oor die dinge wat hom raak, en wat gelei het tot die ontstaan van die liedjies.

Caveat: Daar is ongelukkig geen danstreffers nie, want hy kon nog nie een geskryf kry nie.

Saterdag, 3 Desember 2022 – 20h15

Drostdy Teater, Stellenbosch

Lewer kommentaar

Leave a Reply