Die welbekende liedjieskrywer en digtersanger Gert Vlok Nel is terug by Die Boer teater-restaurant in Durbanville op Vrydag 14 Julie om 20:30.
Dié skrywer van die trefferlied, “Beautiful in Beaufort-Wes” is ’n bekende naam in die plaaslike sowel as Europese musiekbedryf. Sy poëtiese musiek en unieke aanslag maak van hom ‘n legende in die Afrikaanse musiekwêreld.
Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

